Oxford Storieboom Fase 17 Leesboek 3

Leesboek 3
ISBN: 9780195760651
Author: Greeff

R256.95 (incl. VAT)

Dié boek sal leerders aan die lees kry en aan die lees hou.

Die Oxford Storieboom Leesboek 3 is geskryf in vandag se taal vir vandag se kinders. Dit gaan oor sake van die dag: tsoenamis, opwindende China, n oomblik saam met een van ons eie Olimpiese swemhelde, hoe om jouself in te burger (en maats te maak) in die vreemde … tot n yskas wat praat. Van die beste skrywers in Afrikaans dra by: Antjie Krog, Marita van der Vyver, François Bloemhof, Philip de Vos, George Weideman, Pieter W. Grobbelaar en Danie Marais.

Die tekste sal tot elke Suid-Afrikaanse kind spreek ongeag leesvaardigheid of agtergrond. Dit dek die lewe soos hulle dit ken, waar hulle ook al vandaan kom. Humor loop soos n draad deur die leesboek (soos die illustrasies getuig). Interessante koerantbrokkies bring ook verre wêrelddele tot binne-in die klaskamer.

Al praat die Afrikaans van Leesboek 3 padlangs, getuig elke bladsy van gehalte-taalonderrig.

Die bundel is saamgestel deur Rachelle Greeff, s kry w er en boekeredakteur.

Dié boek sal leerders aan die lees kry en aan die lees hou.

Die Oxford Storieboom Leesboek 3 is geskryf in vandag se taal vir vandag se kinders. Dit gaan oor sake van die dag: tsoenamis, opwindende China, n oomblik saam met een van ons eie Olimpiese swemhelde, hoe om jouself in te burger (en maats te maak) in die vreemde ... tot n yskas wat praat. Van die beste skrywers in Afrikaans dra by: Antjie Krog, Marita van der Vyver, François Bloemhof, Philip de Vos, George Weideman, Pieter W. Grobbelaar en Danie Marais.

Die tekste sal tot elke Suid-Afrikaanse kind spreek ongeag leesvaardigheid of agtergrond. Dit dek die lewe soos hulle dit ken, waar hulle ook al vandaan kom. Humor loop soos n draad deur die leesboek (soos die illustrasies getuig). Interessante koerantbrokkies bring ook verre wêrelddele tot binne-in die klaskamer.

Al praat die Afrikaans van Leesboek 3 padlangs, getuig elke bladsy van gehalte-taalonderrig.

Die bundel is saamgestel deur Rachelle Greeff, s kry w er en boekeredakteur.

Features

  • Buiten kortverhale en stories is daar ook:
  • gedigte en limericke
  • kort, prettige koerantberiggies wat spesifiek op kinders gemik is
  • dokumente en nie-fiksie oor bv. natuurrampe en diere
  • n resep wat selfs in die klas (op 'n gasstoof) gevolg kan word
  • grappies
  • woordverklarings en taalwenke

Additional information

Author/s

ISBN

9780195760651

Edition

000001

Publication Date

31 Dec 2005

Format

Pages

0

Language